Kunsmis en kompos: Wanneer om wat te gebruik

Tuinmaak is net soveel ‘n wetenskap as wat dit ‘n kuns is. Sonder ‘n werkende kennis van tuinmaak produkte en plantvoedingoplossings, sal ‘n tuinier dit wel op een of ander tyd ‘n uitdaging vind om hulle pragtuin visie tot lewe te bring. As u groen vingers, wel, groen is, weet u vir seker waarvan ons praat! 

 

Onderproduktiewe groentetuine, treurige blombeddings, vertraagde plantegroei, onkruid wat oor neem. Klink enige van hierdie bekend? As u dink ja, dis ek, is die Wonder-kenners hier om u wys te maak oor tuinvoedingoplossings. Begin met die boublokke van enige gesonde tuin – voeding vir beide grond en plante. Loer deur ons reeks kwaliteit kunsmis aanlyn.

Wat’s die verskil tussen kunsmis en kompos?

Kom ons begin by die begin – om die verskille tussen die twee voedingstofprodukte te verstaan. Kunsmis en kompos dien heeltemal verskillende doele in ‘n tuin. So, nee, die een kan nie as ‘n plaasvervanger vir die ander gebruik word nie. In ‘n neutedop: kunsmis voed plante, en kompos voed grond. Maar kom ons kyk meer noukeurig na die verskille tussen die twee. 

Kunsmis

Kunsmis is ‘n kombinasie van natuurlike en sintetiese chemiese stowwe wat saam gemeng word om die vrugbaarheid van grond te verhoog. Die voedingstof profiel van kunsmis is spesifiek saamgestel vir die welstand van plante, en nie om tot grond se voedselweb by te dra nie. Dit bevat dikwels ‘n gespesialiseerde konsentraat wat tot die behoeftes van spesiefieke plantvariëteite omsien, hulle help groei en floreer, asook herstel tydens periodes van stres. Anders as kompos word kunsmis nie in oormaat toegedien nie. Met ander woorde, as ‘n plant hulp benodig, help dit aan met kunsmis. Verken ons verskeideinheid kunsmis aanlyn

Kompos

Kompos, aan die ander kant, is ‘n mengsel van natuurlike organiese verbindings, wat ontbind is tot slik, en wat ryk is aan voedingstowwe en voordelige organismes. Dit word óók gebruik om grond se vrugbaarheid te verhoog, maar hierdie keer tot die grond se voordeel in plaas van die plant s’n. Die voedingstowwe in kompos is wel ook behulpsaam vir plante. As gevolg van die natuurlik samestelling van kompos en die voortdurende voordele wat dit by grond se voedselweb byvoeg, kan dit enige tyd en op enige plek toegedien word vir algemene grond instandhouding. Basies probeer ons sê, u kan nooit genoeg kompos gebruik nie! Kyk na ons kunsmis en kompos oplossing, Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost, wat kundige geformuleer is.

Wanneer om kunsmis en kompos te gebruik

Is u gereed om kunsmis en kompos op die regte manier te gebruik? Hier volg ‘n paar wenke om u op die regte tuinversorging pad te plaas:

As u gereed is om te plant, kies kunsmis

Dit is wys om ‘n kunsmis by te voeg wat spesifiek gemik is op die plante se behoeftes voordat u hulle in die grond plant. Die regte kunsmis sal dit die skop voedingstowwe gee wat hulle nodig het om in gesonde plantjies te groei. En ook om soveel vinniger in groot, volgroeide plante in te groei. Verken ons reeks kunsmis vir die begin proses.

As gevestigde plante opkikkering kort, kies kunsmis

Plante wat spesiale versorging kort of enige tekortkominge het mag dalk van tyd tot tyd ekstra verryking benodig. Deur om ‘n kunsmis by te voeg wat vinnig vrystel en ryk is in die mikro-voedingstof wat die plant bekort, sal dit help om te herstel en op sy beste te groei. Tuin grond het dikwels ‘n tekort aan minerale soos kalsium, kalium, magnesium en fosfor, en mag dalk aanngevul moet word.

As u grond van swak gehalte is, kies kompos

Ongeag die tipes plante wat u kies en hulle unieke vereistes, sal u grond eerstens van ‘n basiese goeie gehalte moet wees vir enige iets om te groei. As dit droog, gekompakteer, of oor die algemeen nie goed plant nie, gryp ‘n graaf, gee dit ‘n goeie spit, en voeg dan ‘n laag kompos by. Goeie grond gehalte is noodsaaklik vir ‘n gesonde tuin.

As u vir u tuin ‘n ekstra dosis liefde wil gee, kies kompos

Soos wat ons vroeër genoem het, hoe meer kompos u by u tuin kan voeg, hoe beter! Op enige tyd wat u voel u tuin kort ‘n bietjie ekstra aandag, gaan gerus voort met ‘n vrygewige laag kompos. U plante sal dankbaar wees!

 

Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost bevat topgehalte vitamiene, stikstof, yster, mangaan en ander belangrike komponente spesifiek ontwikkel om plantegroei, lewenskragtigheid en kwaliteit in groente, blomme en vrugtebome te verhoog. Verder help dit ook om swak grond op te kikker, meer water te behou, verhoog die aantal voordelige bakterieë, en ontwikkel struktuur in die grond vir beter wortel groei. 

Maak ons kunsmis en kompos oplossings u eie

Wil u graag die voordele van ‘n pragtuin geniet? Vul u tuin met Wonder. Trek voordeel uit ons wye verskeidenheid kunsmis en kompos oplossings, beskikbaar in tuinsentrums, kwekerye en ‘n verskeidenheid winkels landwyd.

Share this post:

MEER ARTIKELS