Hoe om poinsettias te plant: Wenke vir fraai feestyd blomme

Die vrolike, fraai poinsettia sal vreugde bring vreugde in enige Kersfees omgewing, of dit nou in die tuin, ‘n blompot, of a dekoratiewe tafeluitstalling is. En die goeie nuus? Hierdie feestelike blom kan in enige van Suid Afrika se mikro-klimate groei – kuslangse winterreënval, somerreënval, asook kuslangse somerreënval. As u gretige groen vingers het, hoekom vier u nie die mees wonderlike tyd van die jaar deur om ‘n paar te plant nie? Verken ons artikel om hierdie feestyd te leer hoe om poinsettias te plant. Terselfdetyd, loer aanlyn deur ons Wonder reeks.

Tuinmaak advies vir die perfekte poinsettias

Hoe om poinsettias in die tuin te plant:

U kan poinsettias van saadvorm af plant, of jong struike direk in u tuinbedding oorplaas. Vir die vinnigste resultate stel ons die laasgenoemde voor. Begin die plant proses deur om ‘n gepaste plek in u tuin te vind. Poinsettias benodig helder, indirekte blootstelling aan sonlig en verkies om beskerm te wees teen die wind, so hou hierdie belangrike faktore in gedagte wanneer u ‘n plekkie kies. Sodra u ‘n area geïdentifiseer het, berei die grond voor met Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost en Wonder Plant Starter All Purpose. Leer ook hoe om grondkwaliteit the verbeter. Volgende, grawe ‘n gat twee keer so diep as die wortelbal van u poinsettia struik. Verwyder die struik vanuit die houer en maak sagkens die wortels los voordat u dit plant. Vul die oorblywende area met grond, maak dit goed nat, en voeg laastens ‘n behoorlike laag deklaag by.

Hoe om poinsettias in potte te plant:

Om poinsettia struike in potte the plant is min of meer dieselfde proses as om hulle in die tuin te plant. As u ‘n pot wil gebruik wat meer vrolik en feestelik is, maak seker dat dit ten minste 400mm breed en diep is, en bevat ook voldoende gaatjies vir dreinering. Vul die pot met kwaliteit potgrond en ‘n besprinkeling Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost. U kan ook Wonder Waterwise Crystals by die mengsel voeg, dit help met vog retensie sodat die potgrond nie uitdroog nie. Maak ‘n gat in die grond vir die plant se wortelstelsel, en verwyder dan die poinsettia vanuit die houer. Versprei so bietjie die wortels, plaas dit in die pot, en vul dan die oorblywende area met potgrond. Maak dit goed nat, en plaas dit in ‘n ruimte in u huis wat elke dag ten minste ses ure helder, indirekte sonlig kry.

Versorging vir u poinsettia plante:

Dis redelik maklik om vir poinsettias te sorg. Solank hulle voldoende sonlig kry en net nat gemaak word wanneer die grond droog is wanneer u daaraan vat, behoort hulle gelukkig en pragtig te groei. As u hulle ‘n ekstra skop voedingstowwe oor die feestyd wil gee, kan u hulle elke week met Wondersol Colour Boost voed, of probeer ons Wonder Plant Food Stix wat u poinsettias vir tot en met 8 week sal versorg. En onthou, selfs in potte binnenshuis, moet hulle buite beryk van enige briesies geplaas word. 

Hoe om met poinsettias te versier:

Nou dat u weet hoe om u poinsettias te groei, kom die lekker deel – versiering! Daar is verskeie maniere hoe u poinsettias rondom u huis kan gebruik om dit in ‘n majestueuse Kersfees wonder-wêreld te verander. Hier volg ‘n paar idees wat u kan oorweeg:

Tafelversiering

‘n Wonderlike manier om poinsettia bloeisels of pot plante te vertoon is om hulle as ‘n middelpunt versiering op u Kerstafel te plaas. Afhangende van u kleurskema kan u rooi of wit blomme gebruik. U kan ook alternatiewe kleure soos pienk, groen of oranje probeer.

Seisoenale rangskikking

Poinsettias gaan goed gepaard met ander seisoenale blomme, soos Amaryllis. As u ‘n gawe het vir blommerangskikkings, kan u ‘n prag Kersruiker skep deur om ‘n verskeidenheid feestelike blomme bymekaar te voeg.

Mini Kersboom

Wie hou nou nie van ‘n mini Kersboom nie! Veral wanneer dit met kleurvolle poinsettia bloeisels versier is. U kan dit as ‘n middelpunt op die etenstafel gebruik, in die hoek van ‘n kamer, bo op die mantel, of selfs by u voordeur plaas. ‘n Eenvoudige maar effektiewe byvoeging tot u feestyd dekor.

Krans

Is Kersfees ooit Kersfees sonder ‘n krans? Voltooi u feestyd tuiste dekor deur om ‘n unieke krans teen u voordeur te hang – bedek met helder poinsettia blomme om aan besoekers ‘n vrolike welkom te heet.

 

U weet nou hoe om poinsettias te plant, so kom ons raak feestelik!

Ons hoop u het dit geniet om te leer hoe om poinsettias te plant, en maak die beste van die feestyd met pragtige blomme binne en buite u huis. Versorg u poinsettias met Wonder.

Share this post:

MEER ARTIKELS