Oorweeg u dit om ‘n groentetuin te plant? Nou is die perfekte tyd om aan die werk te spring vir lente. Ons dek groente wat hierdie tyd van die jaar floreer, asook die beste tipes vir u klimaat en bobaas wenke. Smeer u sonblok aan, trek tuinhandskoene aan, en maak reg vir lente sukses!
Voorbereiding om ‘n groentetuin te plant
Om gesonde groente te groei, maak seker dat u saadjies die beste kans staan met gebruik van aanvullende grond. Skerp op op u grondversorging kennis met ons handige gids om ‘n uitstekende oes te verseker. En as u onseker is oor watter groente om van te kies, verduidelik ons in detail tuinmaak per provinsie en die ideale klimaat vir elke tipe. Sodra u hierdie bronne gelees het, is u gereed om ‘n groentetuin te plant, net betyds vir die seisoen.
Oor die algemeen floreer groente in sonnige plekke. Sodra u die perfekte area geïdentifiseer het om u groentetuin te plant, gee u groente die beste moontlike begin deur om die beddings voor te berei deur om die gront om te spit en Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost en Wonder Root Builder Bone Meal of Wonder Super Phosphate by te meng.
Gedurende ontkieming (indien u u groente van saadvorm af groei), hou die grond klam. Dun dan die sade uit en kies net die sterkste om geplant te word. Bemes dit dan met ‘n gebalanseerde kunsmis soos Wonder Fruit & Flower twee weke na ontkieming as dit vruggroente is, en dan elke ses weke daarna, of gebruik Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost vir immegroen groentes elke vier weke. Om plae uit u tuin uit te hou, gebruik Efekto se deeglike plaagbeheeroplossings.
3 Vars groentes vir ‘n vrolike lentetuin slaai
Verken hierdie wenke om ‘n fraai versiering of ‘n groentemaal vir ‘n lente tafel te groei!
Blaarslaai
Om ‘n ordentelike blaarslaaikop te groei, is dit belangrik om die ligging waar u wil plant versigtig te kies. Vind ‘n area wat in die namiddag skadu kry as gevolg van die Suid-Afrikaanse somer son wat skroeiend kan raak, kan veroorsaak dat die blaarslaai rys of optel.
Goeie opsies blaarslaai om te plant is Vera en Rosa. Hierdie variëteite blaarslaai het stywe, krulagtige blare in plaas van ‘n kop, en kan tot en met drie maande geoes word, wat dit ‘n lonende opsie maak.
Saai direk vanuit die pakkie, en plant in rye wat 30cm uitmekaar geplaas is. Dun dit uit wanneer die plante 5cm hoog gegroei het. Maak seker om te kyk dat die grond vogtigheid behou, terwyl dit ook goed kan dreineer. Afhangende van die variëteite kan die blaarslaai binne 70 dae gereed wees vir oes en verbruik.
Maak seker om ‘n ogie oor die blare te hou, daar is heelwat plae wat blaarslaai aanval soos kommandowurms. Gebruik Efekto Cypermethrin 200EC om u pogings te versterk.
Komkommer
Dink aan ‘n sappige, kraakvars byvoeging tot enige slaai, en u sal onmiddelik aan ‘n komkommer dink! As u genoeg spasie het is komkommers ‘n wonderlike opsie, maar hulle is wel ywerige rankplante. Komkommers floreer in direkte sonlig, maar kan ook gedeeltelike skaduwee weerstaan, en groei die beste in los, goed-gedreineerde grond wat ryk is in organiese materiaal.
Om die mees optimale terrein vir groei te skep, stig traliewerk of ‘n ander tipe stewige raam waarteen die rankplant kan groei en kruip. ‘n Alternatief kan wees om die grond op te hoop, om ‘n klein bult te vorm waar die komkommerplant kan uit strek. Die traliewerk moet tussen 1.2-18.m hoog wees, of die hoop grond moet ten minste 40cm breed en ‘n paar sentimeters hoog wees, asook 1-2-1-8m uitmekaar uit geplaas word.
‘n Belangrike punt oor komkommers – omdat hulle omtrent uit 95 persent water bestaan, moet hulle gereeld water kry vir vinnige, egalige groei. U kan dit bereik deur om die grond eweredig nat te hou deur gereelde natmaak, en om seker te maak dat die grond nie uitdroog nie.
Bobaas wenk: U kan die grond se vogtigheid meet deur om u vinger daarin te druk. As dit droog uit kom, is dit ‘n aanduiding dat dit tyd is vir natmaak.
Bestry plae soos plantluise en slakke met Efekto Aphicide Suspension Concentrate en Efekto se reeks slak en naakslak oplossings. Ongeveer 55 to 65 dae nadat u gesaai het, kan u verwag op u kraakvars komkommers te oes.
Soetrissies
Of u nou ‘n smaak het vir warm of soet, soetrissies kom in ‘n groot verskeidenheid wat enige iemand se voorkeuring sal pas.
Groei u soetrissies in saadling houers en dra hulle eers oor wanneer hulle ten minste 10cm hoog is. Kies ‘n area wat ongeveer 8 ure ‘n dag direkte sonlig kry, wat die beste vir soetrissies se groei is. Maak seker dat die grond vogtigheid behou, maar ook maklik kan dreineer. Gebruik effens sanderige of leemgrond.
Soetrissies word aangeval deur snywurms – gebruik Efekto Cutworm Bait om hierdie plae af te weer. Omtrent 75 – 95 dae nadat u gesaai het, sal die soetrissies ryp wees vir oes.
Onthou dat u verskillende kleure rissies kry soos wat hulle volwassenheid bereik, en soet word van groen na rooi. Maak ook seker dat u die rissies af sny en nie pluk nie, want u wil ‘n klein gedeelte van die steel agter los. Gebruik snoei gereedskap om dit reg te doen!
Bonus wenke om ‘n groentetuin in u provinsie te plant
Kuslangse winterreënval (Kaapstad en omliggende areas)
Gedurende die maand van Oktober kan u boontjies, beet, seldery, mielies, komkommers, eiervrug, blaarslaai, spanspek, pastinaak, soetrissies, aartappels, pampoen, radyse, tamaties en waatlemoen plant.
Pret feit – Waatlemoen word as ‘n tipe groente gesien wat in Suidelike-Afrika ontstaan het. As ‘n lid van die kalbasplant familie, is waatlemoen verwant aan komkommer en pampoen. Nadat dit geplant is as ‘n saad of saadling, word dit in dieselfde manier geoes en van die landery verwyder as ander tipes groentes.
Somerreënval Karoo / Hoëveld (Johannesburg / Gauteng area)
In hierdie area kan u boontjies, beet, wortels, seldery, mielies, komkommer, pastinaak, soetrissies, aartappels, pampoen, radyse, spinasie, Switserse snikbiet, tamaties, spanspek en waatlemoen plant.
Vir die langtermyn, plant aspersies. Hierdie groente vereis ‘n hewige aantal kompos, geduld en tyd! Dit kan jare vat voordat die eerste aspersie-oes reg is.
Kuslangse somerreënval (KZN)
Gedurende lente in hierdie kusgebied kan u boontjies, beet, kool, wortels, rissies, komkommer, eiervrug, blaarslaai, uie, soetrissies, aartappels, pampoen, radyse, spinasie, Switserse snikbiet, tamaties, asook spanspek en waatlemoen plant.
Stap-by-stap suksek: ‘n lente groentetuin plantgids
Om die meeste uit u lente groentetuin te put het ons op ‘n paar gunsteling groentes gefokus uit elke provinsie. U kan toegang kry tot ons volledige gids in ons eBoek, deur om aan te teken vir ons nuusbrief. Plus, ons verduidelik hoe om bloubessies te kultiveer en om te volgende te groei:
- Beet (in kuslange winterreënvalstreke)
- Aspersies (in die Karoo en Hoëveld)
- Aartappels (in kuslangse somerreënvalstreke)
Plant die wortels van ‘n lonende groentetuin
Noudat u toegerus is om ‘n groentetuin te plant, hier’s op ‘n oorvloedige en produktiewe oes wat voorlê! Het u verdere vrae? Verken nog meer van ons blog poste vir wenke en truuks en moenie vergeet om op ons nuusbrief aan te teken nie, om ons lente eBoek te ontvang vir al u tuinmaak behoeftes.