Wondersol Colour Boost moedig kleurvolle, pragtige blomme aan, danksy die unieke kleurverbetering en groei-stimulerende formule wat dit bevat. Nie net help hierdie produk plante om grondvoedingstowwe te absorbeer vir gesonde bloeisels nie, maar dit beskerm hulle ook gedurende periodes van stres en trauma. G’n wonder somertuine is so lief daarvoor nie! As u gretige groen vingers het, lees gerus verder om meer te leer oor Wondersol Colour Boost, en hoekom u dit gerus by u somertuinmaak gereedskapstel kan voeg.
Somertuinmaak is baie meer belonend met Wondersol Colour Boost
Wat dit is
Wondersol Colour Boost is ‘n unieke gebalanseerde vloeibare plantvoedsel, spesiaal geformuleer vir mikro- en makro-voedingstowwe vir die voedsaamheid van alle binne- en buitemuurse plante. Die produk is verryk met organies gebaseerde plantegroeistimulante.
Wat dit doen
Wondersol Colour Boost bevat organiese bio-stimulante en seewier ekstrakte. Die organiese bio-stimulante aktiveer mikro-organismes in die grond, kondisioneer die grond, en verbeter die voedingstofopname in plante. Die seewierekstrakte verhoog blomopbrengs, bevorder geharde wortelgroei (wat sterk, vroeë plantontwikkeling verseker), verbeter voedingstofopname, en help met plantstresweerstand en vinnige herstel na trauma.
Waar u dit kan gebruik
Blombeddings
Gevestigde seisoenale blombolle en meerjarige blomplante kan baat vind uit ‘n dosis Wondersol Colour Boost in die somer. Gebruik dit om u blomstruike ‘n hupstoot te gee in die middel van die seisoen om meer bloeisels aan te moedig. Dahlias, gousblomme, rose – noem maar op!
Blompotte
‘n Besprinkeling van Wondersol Colour Boost kan ‘n vêr pad gaan om potplante weer tot lewe te bring. En nie net in die tuin nie. Dis reg, hierdie spesiale plantvoedsel werk op beide buite- en binnenshuise variëteite, en berei u seisoenale plante voor vir ‘n goeie groeiversnelling (en as u gelukkig is, nog ‘n blommeskou)! Kry sorgwenke vir florerende binnenshuise plante.
Hangmandjies
Net soos u blompotte, kan hangmandjieplante ook doen met ‘n dosis Wondersol Colour Boost in die somer. Pro-wenk: as u hangmandjieplant in ’n winderige area buitekant hang, hou ‘n oog op die grond se vogvlakke en gooi die plant meer nat indien nodig.
Hoe om dit te gebruik
Die wonderlike ding van Wondersol Colour Boost is dat ding maklik is om te meng, en u hoef nie te wag vir enige poeiers om op te los nie. Praat van somertuinmaak gerief! Hier is hoe u dit in u tuin kan toe voeg.
Op oorgeplante of getraumatiseerde plante:
As u plante deur ’n fase van versnelde groei gaan, of onlangs aan stresverwante faktore gely het tydens ‘n uitplanting of droë toestande, volg die gronddeurdrenkingsproses. Voeg 20 ml van Wondersol Colour Boost by 1 liter water, en dien toe op die wortelsone met weeklikse tussenposes vir tot en met vier weke.
Op gevestigde plante:
As u plante met ‘n hupstoot in voedingstowwe kan baat, maar andersins gesond en gelukkig is, volg die blaartoedieningsproses. Voeg 20 ml Wondersol Colour Boost by 1 liter water, en spuit dit op die plant se blare teen ‘n dosis van 5 liter per vierkante meter.
Genoeg voorraad van plantvoedingstowwe? Begin vandag met u somertuinmaak
Wat ook al u tuindoelwitte vir 2022 is, maak dit meer helder en kleurvol met Wondersol Colour Boost. Verken hierdie plantkos en meer Wonder-produkte aanlyn, en geniet vele suksesvolle dae van somertuinmaak.