Koel winter dae word net beter met die vooruitsig van ‘n skouspelagtige vertoning van seisoenale plante. Om die meeste genot uit u tuin uit te put, is dit nou die beste tyd om winter blomme te begin plant, om kleur in the bring. Boonop dit, is winter se stil ‘n ideale tyd om jaarlikse instandhouding in en om die huis en tuin te onderneem. Word geïnspireer deur hierdie kontrolelys om seker te maak u bly pligsgetrou met u takies om pragtige blomme te kultiveer.
Verwelkom die wonder van ‘n winter tuin
‘n Algemene aanname is dat ‘n winter tuin ‘n lomerige tuin is, maar inteendeel, winter is net so bedrywige tyd soos enige ander seisoen. Al lyk u tuin nie heeltemal so kleurvol soos in lente of somer nie, kan u steeds wondere verrig deur om winter blomme te plant en sekere DIY-take van u lys af te merk. Om te sien presies hoeveel u kan aanpak, verken ons Wonder gids vir herfs en winter tuin sorg. Vir ‘n maand-tot-maand aanduiding van take wat gedoen moet word, verwys na ons tuin kalender.
Begin by die begin – plant winter blomme
Daar’s baie meerjarige blomme, eenjarige blomme, en struike wat goed vaar ten midde van koue winters – maak net seker dat hulle geplant word voordat dit begin ryp, dit sal help dat hulle ferm wortels skiet.
Pragtige winter blomme om by u winter tuin te voeg:
Azaleas, Kamelias, Afrika- of Namakwalandse Madeliefies, Gladiolus, Lewisia, Pansies of Gesiggies, Petunias, Phlox, Primula, Proteas, Rose, Leeubekkies, Strelitzias en Tulpe.
Ons is mal daaroor om gesiggies, viooltjies en leeubekkies te sien as lieflike toevoegings tot massas madeliefies rondom tuin randte en in beddings. Verhef u tuin se kleurpalet deur om petunias of geharde lewisia in hangmandjies of venster bokse te plant. Gebruik Wonder Rose & Flower, ‘n korrelkunsmis wat spesiaal ontwikkel is, om u rose, blomplante, struike en ornamentele plante te voed. Dit lewer ‘n gebalanseerde mengsel stikstof, stimuleer gesonde blare en kalium vir doeltreffende knoppievorming, asook weerstand teen plae en siektes.
Maak gereed vir tuin maak
Terwyl u dalk snoesig wil op krul en die koue seisoen binnenshuis wil deurbring, is winter voorbereiding ‘n belangrike deel van om ‘n gesonde en florerende tuin en tuiste te onderhou. Volg hierdie riglyne om u tuin ‘n hupstoot te gee, net betyds vir winter.
Snoei
Efekto Steriseal swamdodende snoeiwondsmeer help om siektes te voorkom nadat stamme en takke afgesny is. Om u beter te help verstaan wanneer die beste tyd is om te snoei, verwys na ons sustermaatskappy Efekto se snoeigids.
Onkruid
Gedurende winter trek onkruid voordeel uit die verswakte toestand van u grasperk deur om elke moontlike leemte te vul. Meeste tipes onkruid bly dormant gedurende die kouer seisoen, maar daar is ‘n paar waarvoor u moet uitkyk. Dis nog nie te laat om suring, klawers, paardebloem en ander ongewenste onkruid wat inbraak maak te behandel nie. Versterk u tuin se welstand en verdedig teen breëblaaronkruide met behulp van Efekto se reeks onkruidoplossings.
Voed en bemes
Maak seker u plante floreer met behoorlike nutrisie. Gebruik Wonder Plant Booster All Purpose, wat gebalanseerde voedingstowwe, en stikstof wat stadig vrygestel word, bevat om u kruie en groen blaargroente te voed.
Gereelde onderhoud
Terwyl meeste van die tuin dormant bly gedurende winter, gaan hierdie tyd gepaard met netheid vir tuiniers. Dink aan alle dinge tuin en versorging, van sorteer en skoonmaak, tot herstel en kondisionering. Maak tyd om blare deeglik op te hark om dit van u grasperk te verwyder om siektes te voorkom, en dan op u komposhoop te gooi. Sit ook ‘n dag uit om u tuinskuur of kweekhuis skoon te maak, te organiseer, en die spasie te behandel. Gee u toerusting en gereedskap aandag deur om dit goed skoon te maak om roes te vermy, en handvatsels weer ‘n gesonde glans te gee. Neem ook in ag om geute te ondersoek vir gevalle blare na herfs. Maak verstopte pype skoon om enige opbou en vloeding te voorkom. Laaste op die lys, maak die grond los om enige verdigting ongedaan te maak, om lug in te laat, en om water toe te laat om die grond te penetreer en plante se wortels gesond en gelukkig te hou.
Help jou tuin om winter te weerstaan met Wonder
Geniet die koel winter dae wat voorlê deur om winter blomme te plant, en om aan die take te werk wat belangrik maar terselfdetyd ook belowend is. Vir meer inligting oor hoe ons oplossings u kan help, lees ons tuin gidse of kontak ons.