Dink aan ‘n tuin wat u bewonder. Dit mag dalk ‘n vriend of familielid s’n wees, of dalk selfs ‘n groen gebied naby u werk. Kan u dit insien? Wonderlik! Nou, wanneer u hierdie wonderbaarlike tuin aanskou, wat is die eerste ding wat u oog vang? Is dit ‘n lewensgrote boom? Miskien ‘n kleurvolle streek rose? Wat dit ook al mag wees, let wel dat hierdie fokuspunt die kenmerk van enige tuin is.
Elke plant, klip en grondbedekking is rondom dit gerangskik en beklemtoon die fokuspunt se skoonheid, alles rondom dit mooi saamgevoeg in euforiese eenheid om ‘n skouspelagtige tuinvertoning te skep! As u geïnspireer voel en ‘n opvallende buitemuurse fokuspunt by u eie tuiste wil omskep, oorweeg hierdie vyf agtertuin idees (en koop Wonder se plantvoedingsprodukte aan om u visie ‘n realiteit te maak).
Agtertuin idees vir ‘n fantastiese fokuspunt
Om ‘n gebalanseerde tuin te ontwerp stel ons voor dat u die fokuspunt net skuins van die middelpunt af plaas – gebruik die reël van derdes as ‘n gids.
1. Belê in ‘n dekoratiewe tuin ornament
‘n Unieke tuin ornament kan ‘n wonderlike fokuspunt form. Standbeeldjies van mense en diere is baie gewilde opsies. En ons is seker u is bekend met die helder pienk flamink of oulike tuinkabouters as ikoniese grasperkversierings!
Maar as hierdie opsies nie heeltemal u styl pas nie, moenie bekommerd wees nie, daar is vele ander ornamente om te oorweeg. Byvoorbeeld, as u ‘n bewonderaar van meer antieke stukke is, kan ‘n outydse sonwyser of ‘n ou lantern dalk meer vanpas wees. Of as u ‘n ywerige voëlkyker is, is ‘n voëlvoerder of -bad dalk die beste opsie nog!
2. Plant ‘n stelling boom of struik
Afhangend van die grootte van u tuin, kan u ‘n majestueuse boom of ‘n flambojante struik die fokuspunt maak.
Inheemse bome soos die Witpeer, Akasia of Papierbasdoring, Erythrina of Koraalboom, Laventelboom, of Pomponboom maak treffende kenmerke in medium tot groot tuine. Helderkleurige struike soos die Strelitzia, Protea of Vuurpyl blomplant kan ‘n groot impak maak in kleiner tuine.
Voordat u ‘n kenmerkende boom of struik plant, besoek Wonder aanlyn om uit te vind watse voedingsprodukte dit gaan nodig hê om te floreer.
3. Rig ‘n gazebo op of plaas ‘n tuinbank neer
Sodra u u pragtuin omskep het, wil u soveel tyd moontlik daarin spandeer, reg? Wanneer dit by agtertuin idees kom, is daar niks wat duideliker sê, “kom sit en rus ‘n rukkie” as ‘n gazebo of tuinbankie nie. Met die wye verskydenheid boumateriaal wat vandag beskikbaar, kan u maklik buitemuurse meubels bestel wat u spesifieke styl en tuin omgewing pas. Van hout ontwerpe tot herwinde plastiek alternatiewe – daar is ‘n perfekte oplossing vir enige iemand.
4. Skep ‘n rotstuin
‘n Gewilde opsie onder die waterbewuste tuingemeenskap – rotstuine kan ‘n treffend impak op die oog hê terwyl dit minimale instandhouding verg. En wanneer dit belyn is met unieke vetplante and kaktusse, kan dit ‘n beelskone fokuspunt in u tuin form. As u ‘n rotstuin wil onderhou, onthou om voedingsryke kompos by enige area te voeg voordat u enige nuwe plante plant. Verken ons Wonder Vita Boost Vermicompost vir meer inligting.
5. Voeg ‘n waterfunksie of visdam by
Niks is so kalmerend soos die geluid van lopende water nie. As u ‘n ontspannende atmosfeer in u agtertuin wil skep, oorweeg om ‘n waterfunksie of tuinfontein by te voeg. Dit sal beide ‘n aantreklike en vreedsame fokuspunt wees.
As u ‘n natuurliefhebber is, kan u fokuspunt natuurlewe na u tuin toe lok op dieselfde tyd. ‘n Eenvoudige visdam kan net die truuk doen. Nie net is ‘n dammetjie gepas vir varswatervis nie, maar dit dien ook as ‘n watergat vir ‘n verskydenheid spesies van voëls, paddas en insekte. As jy gelukkig is, mag jy dalk nog ‘n familie wilde ganse sien bad!
Gaan u ‘n fokuspunt skep met gebruik van ons agtertuin idees?
Ons hoop ons agtertuin idees het u geïnspireer om u groenvingers aan die werk te steek! Onthou, ‘n fokuspunt is die stam waaruit die res van u tuin vertak. So, in watse rigting u ook al besluit om te gaan met u s’n, maak seker u is toegerus met die regte plantvoedsel en kunsmis vir u hele tuinprojek. Ontdek ons verskydenheid plantvoedingsprodukte.