Grondvoorbereiding om in die lenteseisoen te plant

Lente is opad! Gebruik hierdie tyd om u tuinbeddings voor te berei om hulle kosbaarste skatte te ontgun. Of u tuin nou sanderige grond of leemgrond het, maak seker dat dit in ‘n puik toestand is om nuwe lenteblomme te ontvang. Gelukkig is die Wonder tuinkenners reg hier om u gehandskoende hand te vat en deur die proses te lei. (Begin solank met grondvoorbereiding vir lente-plante met Wonder se plantvoedingstowwe.)

Lente loer oor die horison, begin vandag om die grond voor te berei:

Maak die grond los

Die koue winter maande het tien teen een die grond in u tuin gekompakteer en uitgedroog. So, kom ons begin by die begin. Gryp ‘n vurk of skerp graaf en begin om die grond om te spit. Maak seker u bewerk die grond ongeveer 30cm diep, om die grondlaag op die oppervlak mooi los te maak – en om dit goed to verlug ook. Leer hoe om grondkwaliteit the verbeter.

Verwyder vars blaarafval

Ondersoek volgende die bedding om vas te stel of daar enige vars blaarafval is wat in die boonste grondlaag ingemeng was. As daar is, verwyder dit om plek te maak vir nuwe blombolle en struike, maar moet dit nie weggooi nie. Tuinvullis maak fantastiese kompos, so voeg dit eerder by u komposhoop as u een het (dit sal ook later handig word).

Verken die pH-vlakke

Sodra die bedding omgespit is en enige blaarafval verwyder is, is dit tyd om die pH-vlak vas te stel. Dit moet verkieslik tussen 6.5 en 6.8 wees, siende dat meeste plante teen hierdie grondsuurheidvlak floreer. Gebruik ‘n pH meter om ‘n lesing te kry, dan kan u die volgende stappe van u grondvoorbereidingsproses beplan. Hou in gedagte dat sekere plante soos Azaleas en Hortensias, ook bekend as krismisrose, grond verkies wat ‘n hoër suurheid bevat. (Is u opsoek na ‘n kunsmis vir u plante wat alreeds blom? Verken Wonder Rose & Flower.)

Balanseer die grond met landbou kalk en kompos

As u vanplan is om suur-honger plante soos Azaleas of Hortensias te plant, maar die grond is te alkalies, kan u die pH-vlak verlaag met produkte soos Wonder Shake ‘n Grow Blue Hydrangea of Wonder Colourburst Azalea. Aan die ander hand, as die grondsuurheid te hoog is, kan u Wonder Agricultural Lime byvoeg om die pH vlakke op te stoot.

Nadat die grond se pH uitgebalanseer is, is dit tyd om daai sak Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost nader te trek. Hierdie produk is ‘n grondversorger wat grondinhoud verbeter, die voedingslading aanvul, en die grond se vermoë om water te behou verhoog. U kan ‘n deeglike hoeveelheid van hierdie kompos by die grond in meng met ‘n graaf. Hierdie stap is veral belangrik as die grond ‘n klei-agtige tekstuur het.

Hark en maak nat

Grondvoorbereiding vir lenteblomme kan soos ‘n bemoeiende taak voel, maar hou moed, ons is amper klaar! Die heel laaste stap is om die hark uit te bring en die grond mooi gelyk te maak. Rond die taak dan af deur om die grond ligtelik nat te maak om lugholtes te verwyder, en sodat al die gronddeeltjies kan vestig.

Het u die lenteseisoen se grondvoorbereiding begin?

Om grond voor te berei vir lenteblomme is ‘n eenvoudige proses. Steek daai groenvingers in u beddings so gou as moontlik, en onthou om genoeg Wonder kunsmis aan te skaf om al u harde werk die moeite werd te maak!

Share this post:

MEER ARTIKELS