Gepaard met winter is warm sjokolade, fliek aande en troos kos. Vrydagaande word sinoniem met peuselhappies onder ‘n wolkombers op die bank, en Sondagoggende ‘n lekker lang in lê bederf met ‘n ekstra koppie koffie of twee. Die seisoenale verandering gee ons ook ‘n geleentheid om bietjie af te skaal en in ‘n nuwe (meer weer-gepas) roetine te kom. Net soos u, het u plante ook ‘n bietjie verandering in roetine nodig. Hier is hoe om te sorg vir binnenhuise plante in winter, wat u groenigheid groen sal hou en u blare welig hou.
Ons wenke vir binnenshuise plantsorg geduirende die winter
1. Hidrasie is belangrik, maar hou ‘n oog op u plante se inname
Tuiniers dink dikwels dat ‘n bietjie water enige plant kan red wat so effens verlep of bruin lyk, maar in werklikheid is dit bekend dat oor natmaak die mees algemene manier is om u binnenshuise plante dood te maak. Temperature val en sonlig verminder, wat beteken dat u huisplante bietjie minder water nodig het as gewoonlik.
‘n Maklike grond toets is om u vinger ‘n paar sentimeter diep in die grond te druk – as die grond aan u vinger vassit, beteken dit dat u plante se wortels nie droog is nie en dat dit nie nog water benodig nie. Maar as die grond droog is, sal ‘n paar druppels meer as genoeg wees. Hierdie is ‘n goeie goue reël om te volg vir die meeste huisplante, met die uitsondering van varings wat daarvan hou om in klam grond te groei.
Sodra die plant natgemaak is, maak seker dat die water heeltemal uit die bodem gedreineer is voordat u die pot terug in sy piering of dekpot plaas. ‘n Oor natgemaakte plant is baie meer geneig om te vrek as een wat nie genoeg water kry nie.
Afrika-viooltjies, begonias en siklaam is van die prag blompotte wat van onder af natgemaak moet word, in plaas daarvan om water van bo af te kry. Om dié huisplante water van onder af te gee kan help om wortelvrot te voorkom en te vermy. Maak die piering vol om dit te doen.
2. Verlig die pad na groei
Langer nagte en korter dae; meer wolke en minder son – dit is alles winterweersveranderinge wat verwag kan word. Die dalende ligvlakke kan u sorg vir binnenshuise plante in winter beïnvloed. Om u plantbabas se gesondheid ’n hupstoot te gee, skuif hulle nader aan ’n venster, maar hou hulle buite die bereik van direkte kontak met die son se strale. Was die vensters as hulle ‘n bietjie mistig lyk en laat gerus daardie lig in kom!
Terwyl u bietjie meer tyd binnenshuis spandeer, is ’n goeie manier om uself besig te hou en die blare ’n bietjie liefde te gee, om die stof van hulle af te vee. ‘n Skoon blaar kan toelaat dat meer energie en lig geabsorbeer word.
3. Herpot in somer
Plante verkies om in die warmer maande herpot the word, en ons is seker u doen ook! Weerstaan dus die versoeking om u binnenshuise plante in die winter te herpot, tensy hulle dringend geskuif moet word. Steggiesse se wortels kan ook meer skade aan gedoen word gedurende winter. Wortels sal ongelooflik stadig groei in die kouer seisoen, wat hulle geneig maak om wortelvrot op te doen.
4. Iets om aan te kou
Hoe om binnenhuise plante in winter te voed. Anders as ‘n buite tuin waar plante nuwe wortels in die grond af kan skiet opsoek na kos, is ‘n huisplant beperk tot net die voedingstowwe wat binne die pot te vinde is. Soos wat plante verouder en groei sal hulle addisionele voeding benodig, aangesien die kos wat beskikbaar was reeds opgeneem sal wees.
As u plante voedsel nodig het, gebruik Wondersol All-Purpose liquid plant food elke twee weke, of Wonder Plant Food Stix.
Wonder Plant Food Stix skakel die behoefte aan afmeting en vermenging uit, so hulle is perfek vir daardie planteienaars wat nie baie tyd op hulle hande het nie, of nuut is tot hoe om binnenshuise plante te voed. ‘n Ander perfekte tyd om hierdie voedingsmetode te probeer, is as u tekens van nuwe groei in u binnenshuise plante opmerk.
Hoe werk dit?
- Kies die vereiste hoeveelheid stix vir die potgrootte.
- Steek die stix binne die grond in en los dit om geabsorbeer te word.
- Ta-da! U het sopas u plant n maaltyd van agt weke se voedingswaarde bedien.
Koue voete, warm liefde…
Temperature wat daal kan veroorsaak dat siektes soos poeieragtige skimmel of plantroes op u geliefde huisplante verskyn. Maak u plante net soggens nat om hulle gedurende die dag te laat uitdroog, en dien Efekto Funginex toe om enige ongewenste swamme te beheer.
Plante lief ‘n plaagvrye lewe
Daar is ‘n paar algemene verdagtes wanneer dit kom by binnenshuise plante. Ons maklike en doeltreffende oplossing om u plante plaagvry te hou, is die Efekto Garden Gun, ‘n maklik gereed vir gebruik snellerpak wat nie gemeng of afgemeet hoef te word nie, en heeltemal ‘n gemors vermy.
Opsomming van binnenshuise plantsorg geduirende die winter.
Wintertuinmaak kan vir beginner planteienaars of tuiniers, wat gewoond is aan buitelugse tuinmaak ‘n uitdagend lyk, maar met ‘n paar aanpassings aan u roetine, kan u binnenshuise plant aanhou floreer regdeur die winter.