Tuinmaak gedurende lente in Suid-Afrika: wat om te plant per klimaatsone • Wonder

Die seisoen van vernuwing en hergeboorte is hier! Ons is seker u kan nie wag om in u tuin te kom om die vrug van u lente-aarbeid te geniet nie. Voordat u doen, raai ons u aan om hierdie artiekel eers te verken – dis propvol tuinmaak raad en wenke vir die verskillende mikro-klimate regoor Suid-Afrika. U sal alles vind wat u nodig het vir ‘n florerende seisoen van groei in u spesifieke area, van plant spesies en groente tot plantvoedsel en kunsmis. En as u nog verder belangstel, kan u ons Greenfingers Spring Gardening Guide verken vir meer wenke vir tuinmaak in Suid-Afrika.

Mikro-klimaat lente tuinmaak in Suid-Afrika:

1. Subtropiese klimaatsone

Gebiede wat ‘n warm en subtropiese klimaatsone het, het somerreënval aan die kus en ondervind ‘n redelike hoë humiditeit. Gedurende die lentemaande het hierdie areas min reën en die weer is koud, maar nie vriesend nie, met temperature wat gemiddeld tussen 20℃ tot 23℃. As u in KwaZulu-Natal of die Oos-Kaap woon, is hierdie u klimaatsone. Kultiveer ‘n lieflike lente tuin met Wonder.

Plant hierdie blomme vir somer bloeisels:

Gousblomme, sonneblomme, gesiggies, papawers, petunias, primulas, begonias, dahlias en ander seisoenale bloeisels.

Plant hierdie groente vir ‘n somer oes:

Boontjies, beet, kool, wortles, mielies, komkommer, eiervrug, blaarslaai, wit wortels, soetrissies, aartappels, pampeon, radyse, switserse snikbiet, spinasie, tamaties en rissies.

Instandhouding Fokus:

Snoei enige oorgroeide heinings of struike. Hou ook ‘n ogie uit vir enige onkruid, wat gewoonlik weer op spruit in lente.

Hoogtepunt van ‘n lentetuin:

Met so baie groente wat in ‘n subtropiese klimaat floreer is ‘n groentetuin definitief ‘n hoogtepunt gedurende die lente maande. Mielies, nierbone of groenboontjies en pampoen is metgesel plante en groei goed saam. U kan begin deur om mielies in rye omtrent 60cm apart en 5cm diep te plant. Sodra die saad begin ontkiem en groei, kan u boontjies, pampoentjies en ander slaai groente tussenin plant. (Voordat u met ‘n groentetuin begin, onthou om eers die grond voor te berei! Lees ons grondvoorbereidings blog post vir wenke. 

2. Mediterreense klimaatsone

Tuinmaak in die lente in Suid-Afrika lyk bietjie anders wanneer dit by die Mediterreense klimaatsone kom, wat die Wes-Kaap en omliggende areas dek. Hierdie sone ervaar winter reënval teen die kus en vat ‘n rukkie om in lente te begin opwarm. Die binnelandse areas kry meer gereeld temperature onder vriespunt, asook rypbedekte grasperke en beddings. Wanneer die droë hitte begin, kan tuiniere weer terug keer tuin toe om kruie, groente en blomstruike te plant.

Plant hierdie blomme vir somer bloeisels:

Laventel, varkore, bobbejaankloue, boslelies, dahlias, wasblomme, botterblomme, gousblomme, oortjies, spoorsalies en koringblomme. 

Plant hierdie groente vir ‘n somer oes:

Rank boontjies, beet, seldery, mielies, komkommer, eiervrug, blaarslaai, wit wortels, soetrissies, aartappels, radyse, pampoen, tamaties en artisjokke.

Instandhouding Fokus:

Snoei, behandel en deklaag meerjariges soos gardenias, fuchsias en azaleas. Wonder Iron Chelate en die stikstofryk Wonder Fruit & Flower kunsmis sal handig wees vir hierdie proses.

Hoogtepunt van ‘n lentetuin:

In Mediterreense klimaatsones is lente die seisoen van wit arum lelies, of varkore. Vermenigvuldig huidige arums deur om die bolle the verdeel en aan die suidekant van die huis te herplant. Varkore hou van koel areas, maar direkte sonlig. So vir optimale groei, plant dit in klam grond in ‘n plek wat meeste van die dag sonlig kry. 

3. Halfdroë klimaatsone

Die binnelandse Karoo en Hoëveld areas kry baie somerreënval en uiterse dag-tot-nag temperature. In lente herstel hierdie klimaatsone van ‘n droë winter periode. (As u in Gauteng of die Vrystaat woon sal u gewoond wees aan die droë winters). Soos wat lente begin ontvou herstel hierdie gebiede van die ekstreem droogte en begin die nuwe groenigheid groei.

Plant hierdie blomme vir somer bloeisels:

Soet viooltjies, bergtee, columbines, sonneblomme, boslelies, petunias, impatiens, begonias, botterblom, angelier, larkspur, gesiggies, variante van die salie, en gousblomme. (Hou u nuwe blomme gelukkig met Wonder Kelp nadat hulle geplant is – ‘n organiese plantegroei stimulant.)

Plant hierdie groente vir ‘n somer oes:

Aspersies, boontjies, beet, wortels, seldery, mielies, komkommer, blaarslaai, wit wortels, ertjies, soet rissies, aartappels, pampeon, radyse, tamaties, spinasie, switserse snikbiet en roket.

Instandhouding Fokus:

Bemes u grasperk en sorg vir dit. Gebruik Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost Kunsmis op u gras, en gooi dit drie keer ‘n week nat. Onthou ook om huidige blomme soos begonias te behandel vir rypskade. Sny enige dooie gedeeltes af en bemes met Wonder Rose & Flower.

Hoogtepunt van ‘n lentetuin:

Die hoogtepunt van ‘n halfdroë lentetuin? Die nederige aspersie. Om hierdie groente te groei is ‘n langdradige proses. Maar wanneer dit in hierdie klimaatsone gedoen word is die eindruseltaat die moeite werd! Snuffel deur ons Greenfingers Spring Gardening Guide vir die aspersie gedeelte om te leer hoe om dit te plant.

Lente is die perfekte tyd om te begin tuinmaak in Suid-Afrika

In watter klimaatsone u ook al mag woon, is daar talle sade, struike en groente wat u in u jaard kan plant. Voordat u begin, ontdek kunsmis en plantvoedsel uit die boonste gehalte van Wonder – spesifiek ontwerp vir tuinmaak in Suid-Afrika.