Hoe om kruie te oes en te preserveer vir die meeste geur • Wonder

Wat sal tuisgemaakte disse sonder vars kruie wees om dit op te kikker? Basiliekruid, pietersielie, roosmaryn, tiemie, origanum, kruisement – om maar net ‘n paar op te noem, het elkeen ‘n kenmerkende geur wat ‘n unieke dimensie tot u gunsteling maaltye voeg. As u daarvan hou om smaakvolle kos te kook, lees gerus ons artikel om te leer hoe om kruie soos ‘n pro te pluk. Hou verder aan lees vir wenke om u kruie te preserveer vir langtermyn gebruik. Gebruik Wonder om vir u kruietuin te sorg

Hoe om kruie soos ‘n pro te oes

Die beste tyd om kruie te oes is wanneer hulle olie vervaardiging ‘n hoogtepunt bereik het. U sal dit kan uitken deur die sterkter aroma, wat aandui dat die kruie hul maksimum bereik het in terme van geur. Die ideale tyd om kruie te oes is vroegoggend voordat die hitte van die dag aanbreek. Om hulle te pluk is die maklike deel – al wat u hoef te doen is om die gedeelte wat u wil hê met u vingers af te knyp. U kan ook ‘n snoeiskêr gebruik vir groter plante. Hier volg hoe om u kruie te oes, afhangende van of u die blare, sade, blomme of wortels soek:

Blare

As u kruie vir hulle blare oes, soos grasuie, moet u dit doen voordat enige blomme begin vorm. Sodra blomme begin uitspruit, word minder blare geproduseer. Moet wel nie deur die oesproses te veel van die plant af sny nie! As ‘n skatting moet ongeveer net 75% van die groei per seisoen geoes word, sodat meer oeste in die toekoms aangemoedig kan word.

Sade

Kruie wat vir hulle sade gebruik word, soos anys, moet gepluk word wanneer hulle peule van kleur verander – van groen en bruin na grys. Die saadpeule kan op die blomkoppe gevind word, so pluk liewers die blomme voordat u hulle verwyder. Maak ook seker dat u die sade versamel voordat die peule oop maak, om hulle varsheid te behou.

Blomme

Wanneer u kruie se blomme oes, soos kamille, maak seker dat u dit doen voordat hulle in volle blom is. Wanneer die blom heeltemal oop is, neem sy olie-inhoud af, en so ook sy geur. As u vroeë somerkruie soos laventel en dragon geoes het, sny die plant terug tot helfte die hoogte – u kan dan uitsien na ‘n tweede bloeisel in herfs!

Wortels

Groei u kruie vir hulle wortels? Indien ja, oes hulle eers wanneer die blare vervaag het. Kruiewortels soos die van die sigorei plant word die beste gedurende herfs geoes. U sal die hele kruieplant uit die grond moet verwyder om by die wortels uit te kom, so dis die beste dat u u snoeiskêr byderhand het vir die een.

3 Maniere om u kruie te preserveer vir langtermyn gebruik

1. Droog uit met lug

Een metode van lugdroging is deur die gebruik van ‘n papiersak. Eerstens, was sagkens u varsgeoeste kruie en laat hulle toe om op ‘n papierhanddoek af te droog. Sodra dit heeltemal droog is, maak die kruie in ‘n los bondel vas en plaas dit in ‘n papiersak met die stamme wat bo uit steek. Druk ‘n paar gaatjies in die sak en hang die kruie iewers in die huis waar dit warm, goed geventileer, en nie in direkte sonlig is nie. U motorhuis sal perfek wees. Na ongeveer ‘n maand behoort u kruie goed uitgedroog te wees, en reg vir gebruik! 

2. Droog uit met hitte

‘n Ander opsie om u kruie te preserveer is om hulle uit te droog deur om hitte te gebruik. U kan byvoorbeeld u kruie op ‘n bakplaat plaas en in die oond sit om teen ‘n lae hitte te bak vir ‘n paar uur. U wil nie die oond te warm maak nie, wat sal veroorsaak dat die kruie baie van die geur verloor. U kan ook ‘n dehidrerende oond of mikrogolfoond vir ‘n soortgelyke proses gebruik.

3. Droog uit met koue

‘n Vinnige en maklike metode om kruie te preserveer is om dit te vries. Sodra u u kruie gepluk en gewas het, breek dit eenvoudig in klein stukkies en voeg dit by ‘n ysblokkiebak wat reeds met water gevul is. U kan dit dan vir maande in die vrieskas los en net uithaal om te ontvries wanneer u met die kruie wil kook.

Dis tyd om iets nuut te plant!

Nou weet u hoe om u kruie te oes, en te preserveer ook. Al wat u nou moet doen is om u gunsteling variëteite te plant en vir hulle te sorg met Wonder. Ontdek ons plantrvoeding reeks aanlyn.