Boom plant 101: Hoe om dit te doen en wat om te gebruik • Wonder

Die grootste vreugde van tuinmaak? Buiten kleurvolle bosse bloeisels en ‘n hartelike oes groente – is by vêr om ‘n boom te plant. Nie net gooi ‘n boom skaduwee nie, maar dit verskaf ook ‘n toevlug vir allerande diere, voeg skakerings groen by u tuin, en help ook met lugversuiwering. Om hierdie agterjaard held te plant sal vir u vele genot bring, of dit nou ‘n betroubare immergroen, inheemse skoonheid, of vrugbare sitrus boom is. Leer wat die beste voorbereidingswenke en prosesse vir ‘n florerende boom is met ons gids.

Word gewortel in die idee van ‘n boom plant

Om ‘n boom te plant is ‘n ware kenmerk van ‘n tuiste skep, en om terug te gee aan die omgewing. Vir volwassenes is dit ‘n groot prestasie, en kinders van komende geslagte sal baie daarna uitsien om in die takke te kan swaai, boomhuise te bou, en om in die boom se skaduwee te kan speel. Bome skep ‘n gevoel van ruimte, en wat ‘n beter manier om u agterjaard te verstaan as om na ons gids vir tuinvoorbereiding te verwys. Die beplanningsproses om ‘n boom te plant verg vele besluite wat gemaak moet word – die mees belangrik hiervan spasie en omgewing.

Vertak u kennis vir boomversorging

Voordat u die opwindende taak van ‘n boom plant aanpak, stel ons voor dat u u streek en die gepaste seisoen ondersoek om seker te maak dat u boom ‘n gladde oorgang het. In die meeste klimate is die beste tyd vir ‘n boom plant herfs, net na blaarval, of in lente, net voordat die knoppe opkom. Hierdie tyd is ideaal want dit sal die boom help om wortels te skiet gedurende die koue maande, voor die lente reën grond erosie kan veroorsaak, en sodat die somer hitte groei kan stimuleer. Let wel op, vir tropiese en subtropiese omgewings wat gereeld sonskyn en reën ontvang, is enige tyd vanpas.

Die tweede ding wat hoofsaaklik oorweeg moet wanneer u ‘n boom in u tuib byvoeg – die ruimte. Voordat enige groot grawing plaasvind, maak seker om te kyk waar enige ondergrondse lyne lê. Dit sluit enige vesellyne, pype, putte, asook oorhoofse krag-en telefoon lyne in. Kies ook ‘n spasie waar die grondvloer gelyk is sodat wortels kan uit groei, en waar daar genoeg ruimte bo is vir boomtoppe om uit te kan vul. Maak voorsiening daarvoor dat die boom gaan groei! Vir groter bome wat ‘n hoogte van 21m kan bereik, plant die boom ten minste 4.5m weg. Vir kleiner bome wat tot en by 9m kan groei, plant hulle 3m weg.

Die regte beplanning en voorbereiding sal help om:

  • Geute skoon te hou van blare en takkies, en geblokte dreine te voorkom
  • Keer dat enige peste op u dak kan klim, kruip of spring van die takke af
  • Enige strukturele skade te vermy wat veroorsaak kan word deur afgevalde takke of afgesaagde bome
  • ‘n Gesonde ruimte te onderhou wat wortels keer om die fondasie te beskadig
  • Enige publieke veiligheidsgevare uit te skakel as die boom naby aan ‘n pad geplant is
  • Enige diensonderbrekings na u huis te vermy
  • Te keer dat u enige ongemaklike snoei werk moet aanpak wat die boom se vorm en integriteit kan beskadig
  • Om ‘n ideale landskapvoorkoms te verseker

Welkom tuis! Kry u boom snoesig gevestig

1. Identifiseer die stam vlêr

Hierdie is die gedeelte van die stam wat uitvlêr net bo die wortelbal teen die basis van die boom. Die vlêr moet steeds gedeeltelik sigbaar wees wanneer die boom geplant is.

2. Grawe ‘n gate

Die gat moet vlak, breed en omtrent 2-3 keer wyer wees as die boom se wortelbal, maar net so diep soos die wortelbal.

3. Verwyder die houer

By hierdie stap moet u die wortels ondersoek en korrigeer. Enige sirkelende wortels sal reguit gemaak of gesny moet word.

4. Stel die regte diepte vas

Wanneer u die boom plaas, maak seker dat die gat nie te diep is nie, om swak wortelstelsel groei te voorkom as gevolg van ‘n tekort aan suurstof.

5. Waarneem en belyn

Sodra die boom in die gat is, staan terug en loop reg rondom om die plasing van alle hoeke af te bekyk. Dit sal help om vas te stel of enige aanpassings gemaak moet word, en om seker te maak dis in die regte regop posisie.

6. Vul die gat op

Sodra die boom reg geposisioneer is, pak die grond rondom die boombasis versigtig maar stewig vas. Dit sal help om dit te stabiliseer, en om enige lugsakke te verwyder wat die wortels kan uitdroog.

7. Gebruik ‘n stut

Hierdie is ‘n opsionele stap, maar kenners stel voor dat u ‘n versterking in hierdie fase byvoeg, om ‘n sterk bas en wortelstelsel the ontwikkel.

8. Voeg ‘n deklaag by

Gebruik ‘n deklaag om grondvog te bewaar, om grond temperatuur te beheer, en om enige kompeterende onkruid of gras the smoor.

9. Voortdurende sorg

Die beste groei is net moontlik met die regte versorging. Maak seker om:

  • Die grond gebalanseerd te hou – klam maar nie oorwater nie.
  • Omtrent een keer ‘n week nat te gooi.
  • U natmaak skedule gedurende warm en winderige weer te verhoog.

As u beplan om ‘n sitrusboom te plant, het ons ‘n plaagbeheer tutoriaal net vir u.

Moenie ‘weg waai’ sonder ons ongelooflike oplossings nie

Om seker te maak dat u boom floreer, het ons die ideale gereedskap wat spesiaal ontwerp is vir u nuwe boom. Verskaf net genoeg stikstof aan u boom om gesonde blaargroei aan te help, sowel as fosfor vir stewige, sterk wortelontwikkeling met ons Wonder Root Builder Bone Meal, ‘n organiese kunsmis vir wanneer u struike, grasperke en bome plant.

Voeg ook wurm giet by vir ‘n goeie begin. Ertwurms voed op planterommel (dooie wortels, blare, gras, mis en grond). Hulle verteringstelsels fokus op die organiese en minerale inhoud van die kos wat hulle eet, wat beteken daar’s volop kompos wat hulle agter laat en dus ryker grond vorm wat plante help om te floreer. Ons het hierdie natuurlik bron ingespan in ons Wonder Organic Vita-Boost Vermicompost, om u boom met ‘n oorvloed voedingstowwe te verskaf.

Nog ‘n wonderlik bron wat ‘n gesonde begin bevorder – Wonder Plant Starter All Purpose. Hierdie volledige korrelkunsmis is ideaal vir die plant en voeding van meeste tuinplante. Dit bevat Bio Carbon Boost Granules, ‘n gebalanseerde kombinasie van stifstof, fosfor en kalium wat blaargroei, blom en vrugte bevorder, die perfekte pakket vir enige boom.

Staan sterk, groei en floreer

Maak reg om ‘n boom te plant! As u enige vrae het aangaande die beste produkte om te gebruik, kontak ons vir meer inligting. Om gereelde wenke en truuks direk van Wonder af op u e-pos te ontvang, teken in op ons maandelikse nuusbrief.