7 Redes om verlief te raak op Wonder se plantvoedsel: ‘n tuinversorging vereiste! • Wonder

Hierdie tyd van die jaar lief ons dit om liefde lief te hê! En watter beter manier om u tuin te wys dat u omgee, as met Wonder se plantvoedsel. Verken hierdie kwaliteit tuinversorgingsreeks, en vind uit hoekom u net so verlief sal raak daarop as u plante.

Hoekom Wonder se plantvoedsel ‘n tuinversorging vereiste is

Hier volg sewe redes hoekom u ons plantvoedseloplossings in u tuinversorging gereedskapstel kan insluit:

1. Kleurverbeterende formules

Die Wonder plantvoedselreeks sluit kleurverbeterende oplossings in, wat ontwikkel is om blomme se kleur te verryk, en om die vergeling van blare wat deur ‘n ystertekort veroorsaak word reg te stel. So, stel u u tuin voor, net helderder en meer spoggerig! ‘n Goeie voorbeeld van ‘n produk wat hierdie kleur-veranderende vermoë het, is Wonder Colourburst Rose Food. Dis ‘n voedsame mengsel van noodsaaklike voedingstowwe wat spesifiek vir rose gemaak is. Al wat u moet doen is om 20g (2 maatlepels) van die korrels in 10L water op te los, en om die plant elke twee weke daarmee te voed. U sal pragtige, helder blomme en welige groenigheid in ‘n japtrap vermag.  

2. Alledaagse tuinversorging

Wonder se alledaagse plantvoedsel is ‘n tuinmaak vereiste wat nooit teleurstel nie, en kan so te sê enige plek in die tuin gebruik word (selfs op binnenshuise plante). Vat byvoorbeeld Wonder Kelp. Dis ‘n organiese seewierkonsentraat en plantegroeistimulant wat blomgetalle en wortel-en lootmassas in ‘n magdom gevestige tuinplante verhoog. Gebruik dit om u roosbome, hangmandjieblomme, groentetuin en nog meer te voed – die produk is altyd ‘n wenner wanneer dit by plantvoeding kom.

3. Plantoplossings vir suurliefhebbende plante

Plante wat lief is vir suurgrond het baie spesifieke voedingsbehoeftes. Dis nou waar ons suurliefhebbende plantvoedsel handig is. ‘n Produk soos Wonder Colourburst Azalea is ontwerp met spesifieke plantvariëteite in gedagte, wat hulle kleur sal verbeter en groei ‘n hupstoot sal gee deur gereelde toediening. Los eenvoudig 20g (2 maatlepels) in 10L water op, en dien dit elke drie weke toe om ‘n verskil in u azaleas, kamelias en hortensias te sien. 

4. Waterbesparende oplossing

Plantvoedsel wat waterwys is is ‘n groot pluspunt in droeë (en volhoubaar ontwerpte) tuine. Ons produk Wonder Waterwise Crystals het unieke polimeer kristalle wat water van die grond se oppervlaklaag af absorbeer en dit vrystel waar die plant dit die nodigste het – by die wortelsone. As u ‘n vetplant- of xeriscape tuin maak, sal hierdie plantvoedsel u die meeste help om waterverbruik te verminder terwyl u gesonde en gelukkige plantegroei aanmoedig.

5. Korrel en vloeibare kunsmis opsies

Het u geweet dat Wonder beide korrel en vloeibare tipes plantvoedsel aanbied? Dis waar – verken ons reeks om die ideale produk te vind. Ons gereed-vir-gebruik korrel plantvoedsel kan op plantbeddings, rondom vrugtebome, en in groentetuine besprinkel word – vinnige en gerieflike voedingsoplossings vir plante wat afgerem lyk. Kyk gerus na ons volledige plantvoedsel Wonder Shake ‘n Gro Special Fertiliser as ‘n verwysing om meer van hierdie tipe plantvoeding te leer. Ons vloeibare konsentrate is ook gebruikersvriendelik en is gemaak om binne ‘n kwessie van sekondes met water gemeg te word. Gryp ‘n gieter, tuinslang, en ‘n bottel vloeibare plantvoedsel, vir ‘n effektiewe tuinnatmaak sessie. As u nog nie ons reeks ken nie, is Wondersol Colour Boost ‘n wonderlike produk om mee te begin. 

6. Ideaal vir binnenshuise plante

Nog ‘n voordeel van Wonder se plantvoedsel is dat dit op beide buitemuurse en binnenshuise plante gebruik kan word. Ja, u gunsteling plante in u slaapkamer, kombuis en badkamer kan ook uit die voordele van kits-voeding baat. Kaktusse, vetplante, orgideë, mini-rose, blaarstruike – noem maar op. (Versorg u binnenshuise plante? Kry wenke vir florerende blomme en loof.)

7. Gemaak vir Suid Afrika

Wonder se plantvoeding is gemaak deur Suid Afrikaners vir Suid Afrikaanse tuine. So wees verseker daarvan dat wanneer u ons reeks plantvoedingoplossings gebruik, dat daar vir u tuin se mikro-klimaat en grondtipe voorsiening gemaak was. Loer deur ons volle seleksie aanlyn en besoek een van ons verskaffers om die plantvoedsel wat u nodig het vir ‘n suksesvolle seisoen van tuinmaak te koop. (Onthou, Wonder-produkte is beskikbaar by tuinsentrums, kwekerye en toonaangewende kleinhandelwinkels naby u.)

Tuinversorging is Wonderlik met ons deskundige plantvoedsel

Ons almal hou daarvan om spesiaal te voel, veral gedurende die maand van liefde. Bederf hierdie Februarie u plante met Wonder se plantvoedsel – ‘n gespesialiseerde reeks tuinversorgingsoplossings spesiaal net vir hulle ontwerp.