3 Tipes groen blaargroente om in April te plant: Broccoli, kool en spinasie • Wonder

Herfs is bekend as die seisoen wanneer bome hulle blare afskud. Maar vir ons is herfs die tyd van groen blaargroente! Soos wat die dae kouer word is dit nou die tyd om broccoli, kool en spinasie te plant vir daardie heilsame winter sop-resepte. Is u gereed om daai groenvingers aan die werk te steek? Gryp ‘n warm baadjie en kom ons plant groen blaargroente. Ondersoek Wonder se plant nutrisie aanlyn.

Groen blaargroente vir ‘n oorvloedige winteroes:

1. Broccoli

Broccoli, wat ‘n sterk toleransie teen ryp het, groei baie vinniger as enige ander Brassicas. As die saad in herfs geplant word, kan die volwasse plant binne ses kort weke reg wees om geoes te word.

‘n Gids en versorgingswenke om broccoli te plant:

  • Kies ‘n sonnige plek in u groentetuin met goedgedreineerde grond.
  • Afhangende van die kwaliteit van die grond, spit ‘n ryk kompos in die boonste laag in. As u in ‘n hoë reënval gebied bly, maak seker dat u ‘n verouderde kompos gebruik sodat dit die stikstof wat weggespoel word kan aanvul (ons beveel aan dat u dieselfde vir die onderstaande blaargroente ook doen). Wonder Vita-Boost Organic Vermicompost is ‘n uitstekende keuse vir hierdie stap.
  • Volgende, om die grond verder te voed, dien Wonder Plant Starter All Purpose by en meng dit deeglik in. Hierdie produk verskaf ‘n reëlmatige vrystelling van stikstof en moedig sterk, welige plantegroei aan.
  • Grou gate wat ongeveer 5mm diep en 40cm van mekaar af geplaas is, en plant een saad in elke gat.
  • Voeg deklaag rondom die basis van u broccoli plantjies om hulle klam te hou.
  • Water die plante deurnat, maar vermy die ‘koppe’ om enige plae te voorkom.
  • Halfpad deur die groei seison, voeg Wonder Plant Booster All Purpose by vir ‘n ekstra skop voedingstowwe.

2. Kool

Kool is ‘n geharde tipe groen blaargroente wat temperature onder vriespunt kan weerstaan. Saadjies wat hierdie tyd van die jaar geplant word kan agt weke vat om volgroeiheid te bereik – so plant gou vinning!

‘n Gids en versorgingswenke om kool te plant:

  • Kies ‘n plek in u tuin wat direkte sonlig ontvang en wat goedgedreineerde grond het (miskien waar u die broccoli geplant het?).
  • Berei die grond voor met ‘n ryk kompos (soos Wonder Vita-Boost Organic Vermicompost), en meng ‘n suur grond reguleerder by om seker te maak dat dit meer aan die alkaliese kant is. Probeer Wonder Agricultural Lime vir hierdie stap – dit verhoog die pH van suur grond en help om ‘n kalsium tekort te voorkom.
  • Kool trek ook voordele uit ‘n alledaagse kunsmis uit, so maak seker om ook Wonder Plant Starter All Purpose by te voeg voordat u begin plant.
  • Grou gate wat ongeveer 5mm diep en 30 – 40cm van mekaar af geplaas is, en plant een saad in elke gat.
  • Maak die plante gereeld nat, en maak seker hulle het altyd genoeg ruimte om te groei.
  • Halfpad deur die groei seison, voeg Wonder Plant Booster All Purpose by vir ‘n ekstra skop voedingstowwe.

3. Spinasie

Wat sou ‘n groen smoothie wees sonder spinasie? Dit vat net 60 dae om te groei van ‘n saad af tot ‘n volwasse plant, as u vandag u spinasie plant is dit ‘n waarborg dat u meer as genoeg voorraad vir winter sal hê.

‘n Gids en versorgingswenke om spinasie te plant:

  • Vind ‘n sonnige of gedeeltelike geskakeerde ruimte in u groentetuin, wat goedgedreineerde grond het.
  • Spit ‘n ryk, verouderde kompos (Wonder Vita-Boost Organic Vermicompost) in die boonste laag in.
  • Volgende, om die grond verder te voed, dien Wonder Plant Starter All Purpose by en meng dit deeglik in.
  • Grou gate wat ongeveer 1cm diep en 20cm van mekaar af geplaas is, en plant een saad in elke gat.
  • Voeg deklaag rondom die basis van u spinasie plantjies om hulle klam te hou, en gooi dit gereeld nat.
  • Later in winter, voer die plante met ‘n wateroplosbare plantvoedsel, soos Wonder Kelp. Hierdie produk stimuleer plategroei en vergroot wortel- en lootmassas.

Gaan u hierdie seisoen bietjie groen blaargroente plant?

Kry u groentetuin gereed vir winter met welige groen blaargroente. Ons het al die plantevoedingstof produkte wat u sal benodig om broccoli, kool en spinasie soos ‘n professionele tuinier te kultiveer! Ontdek ons volle reeks kunsmis en plantvoedsel.